One Response to “Giving Hope to Township Communities”

  • Lenie:

    Ek woon in Centurion Gauteng en is so bekommerd oor die kleingoed wat so saam met hul ma’s of tannies selfs vreemde vroue op die hoeke van die strate staan om te bedel. Daardie kleintjies wat se ouderdomme wissel van BABAS tot so 3-4 jaar moet saam met die vrou staan en bedel die hele dag in die verseggende hitte en selfs as dit reen sonder beskerming geen hoed of sambreel geen en ek wonder of hul ooit vir die kleintjies wat so warm kry iets gee om te drink. Hul staan van vroeg af al tot laat. Ek weet dat dit vir hul nodig is om geld te kry, maar daar feitlik nie mense wat vir hul gee nie. Daardie kleintjie moet saam met haar tussen die gevaarlike karre loop en het geen plek om te speel of self te slaap nie wanneer kry hul tyd om soos kinders te speel? Wanneer besluit hy om net te loop en dan beland hy onder n kar. Kinders is so onvoorspelbaar op daardie klein ouderdom. Ek wil huil elke keer as ek daar verby moet ry. Is daar nie iets wat iemand daaraan kan doen nie!!! Dis so n n groot verlies vir ons toekoms en ook vir die toekoms van daardie kleintjie wat geen opvoeding of stimulasie kry nie. Email my net asb as daar enige reaksie op my email is . Baie dankie Lenie vd Merwe

Leave a Reply